Weslander het onlangs ’n nuwe projek geïdentifiseer om leergierigheid by leerders in die klaskamer te bevorder. Die Weslander-in-die-klaskamer-inisiatief het nie net ten doel om leerders met addisionele bronne toe te rus nie, maar ook hul algemene kennis en leesvaardigheid te verskerp. Coastal Hire se Weskus-tak het die eerste 100 koerante aan die Laerskool Vredenburg geborg en onderneem om maandeliks koerante aan die skool te skenk om in die klaskamer te gebruik. Sakeondernemings wat koerante teen ’n spesiale tarief aan skole in die Weskus wil borg, kan Maryke Swart by 022 713 1066 bel of e-pos na maryke.swart@media24.com stuur. Nicoleen Loubser (waarnemende skoolhoof), Zolee Vorster (hoofmeisie), Dean Holiday (hoofseun) en Loretta Mostert, takbestuurder van Coastal Hire Weskus, was Donderdag 16 Februarie by die oorhandiging. Foto: Noluvu Ludidi


‘Weslander’ en Coastal Hire help leerders

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article