’n Dans en modeparade was alles deel van die dag van liefde vir die lede van die Green Lillies-bejaardesklub.
Vir Valentynsdag het die lede van die klub die dag van liefde by hul weeklikse Woensdag-bymekaarkomplek gevier. Klublede het gedans as deel van die vermaak en ’n modeparade met hul wit en rooi-uitrustings geniet.
Pastoor Izak Roedolf het ’n boodskap oor die ware betekenis van liefde oorgedra.. Die klub nooi alle bejaardes wat wil om Woensdagoggende by hulle by die HIV-sentrum (ou Transnet-gebou) in Louwville aan te sluit. Volgens Sakkie Mentoor, ’n lid van die klub, kan enige bejaardes wat op soek is na geselskap en wat wil besig bly, by die klub aansluit, soos Jan de Koker van Louwville, wat onlangs by die klub aangesluit en die dag van liefde saam met die Green Lillies gevier het.




