Drie dae vol veerpyltjies is van Vrydag tot Saterdag in Saldanha by die White City- veeldoelige sentrum gehou toe die Saldanha-klub-klassiek aangebied is. Die Outlaws van Velddrif, wat MIB geklop het, was die manswenners. Die vrouewenspan was Drakenstein met “I like it”, as naaswenners. Die Outlaws is Herman van der Westhuizen, Kewin de Bruin, Rizaah Spammer (bestuurder), JP Louw, Allen Stanely, Lenox Beukes, Jacques Lotz (reserwe), asook Warrick Scheffer, wat 11 x 180s vir die toernooi aangeteken het.


Veerpyltjies vlieg drie dae lank in Saldanha

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article