Weslander het ’n skryfbehoefte-projek van stapel gestuur.
Die projek fokus daarop om behoeftige skole in die Weskus met hoëgehalte-skryfbehoeftes toe te rus. Nie alle leerders het die geld om skryfbehoeftes aan te skaf nie.
Dus vra ons die gemeenskap om uit te reik en die projek te ondersteun. Enige skryfbehoeftes, soos HB-potlode, penne, inkleurkryte, uitveërs, Pritt, skêre, potloodsakkies, boekoortreksels en meer sal waardeer word.
Weslander beplan om dié skryfbehoeftes aan die begin van elke nuwe kwartaal deur die loop van die jaar aan skole wat geïdentifiseer is, te oorhandig.
Om dié broodnodige projek te ondersteun, gee asseblief die skryfbehoeftes af by Weslander se kantoor in Velddrifweg 26, Vredenburg.. Skakel Weslander by 022 713 1251 vir nog inligting.




