Op 1 April 1961 is 1 Valskerm Bataljon, die Suid-Afrikaanse leër se eerste valskermeenheid, gestig. Dit het gevolg nadat ’n groep uitgesoekte lede van die Suid-Afrikaanse leër in 1969in Engeland as valskermspringers en valskerminstrukteurs opgelei was. James de Jager, ’n inwoner van Britanniabaai, vertel dat wyle luitenant-generaal Willem Petrus Louw, wat later as hoof van die SA Leër gedien het, toe nog ’n kommandant, ook deel van die groep was wat in Engeland opgelei is en as die eerste bevelvoerder van die eenheid aangestel is. “Oor die afgelope 62 jaar is duisende jong wit en swart mans as valskermsoldate opgelei. Nou nog dien lede van 1 Valskerm Bataljon, as deel van die Afrikataakmag, met eer in onderskeie dele van Afrika.” De Jager sê landswyd sal oud-valskermbataljonlede op 1 April in saamtrekke bymekaar kom om die 62ste herdenking van dié Bataljon te vier en ook om valskermmakkers wat die hoogste tol vir Suid Afrika betaal het, te onthou. “Soos elders in Suid Afrika, woon daar talle voormalige valskermsoldate aan die Weskus en omstreke. ‘Parabats’, onthou om op Saterdag 1 April ’n glasie te lig om die stigting van jul alma mater te herdenk.”


Herdenk ‘Parabats’ se geskiedenis en werk in Afrika

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article