Twee mans –onderskeidelik 56 en 34 jaar oud – is Sondag (26 Maart) om 11:30 in Brannesburgstraat in Graafwater deur die polisie voorgekeer.
Volgens kapt. Tania Helfrich, woordvoerder vir die Weskus-polisiedistrik, is die mans se voertuig deursoek en is 6,67 kg dagga in hul besit gevind.
Hulle sal op 28 April in die Clanwilliam-landdroshof verskyn.





