Drikus Brand (regs) saam met sy span wat Die Onbekende moontlik maak, Francois Coertze (mede-aanbieder) en Janike Victor (narvorsing).


Daar is niks wat ’n mens se armhare laat regop staan soos ’n spookstorie nie.

Vir sommige is dit skrikwekkend en vir ander laat dit die adrenalien deur hul are pomp.

Een persoon wat regtig genot put uit spookstories is die Paarliet Drikus Brand. Hy geniet dit nie net om daarna te luister of om die stories oor te vertel nie, maar hy het ook ’n radioprogram, Die Onbekende, wat handel oor hierdie soort stories.

“Ek weet nie regtig waar my liefde vir spookstories vandaan kom nie – ek dink ek is maar daarmee gebore. Ek is my hele lewe lank nog lief vir spookstories.”

’n Paar jaar voordat die radioprogram op Kaapstad Radio begin is, het Brand, sy verloofde, Janike Victor, en ’n vriend, Francois Coertze, ’n YouTube-kanaal begin wat bekend staan as Onbekende.

“Ons het in 2017 ’n spookstorie, Sakabula, geskiet vir kykNet se silwerskerm en ons het dit by die Ou Meul-teater opgeneem, want die plek self lyk so bietjie aan die freaky kant as jy in die donkerte daar is. Ons het toe terselfdertyd gepraat oor hoe koel dit sal wees as ons ’n reeks maak oor spookstories. Dit is waar die saadjie geplant is en waar alles begin het. Ons het toe gedink ons gaan voort met die idee. Ons het die YouTube-kanaal begin en dit was nou nie so suksesvol nie – ek dink daar is net twee episodes. In die eerste episode het ons Paarl-spookstories vertel en die tweede een het gegaan oor Wellington. Die kanaal het doodgeloop want ons het nie altyd tyd gehad nie.”

Coertze, wat saam met Brand aan die YouTube-kanaal gewerk het, het toe begin werk by Kaapstad Radio. Hulle het die bestuur van die kanaal genader en die voorstel gemaak van ’n spookstorie-program.

“Ons het die eerste episode gedoen en hulle was baie gelukkig en dis hoe die radioprogram begin het. Ons is die afgelope drie maande al besig en die program word weekliks uitgesaai. Dit is elke Donderdagaand van 21:00 tot 22:00 op die lug.

“Kaapstad Radio is ’n internet-radiostasie waar mense sommer die toepassing op hul slimfoon kan aflaai en inskakel. Dit is wêreldwyd beskikbaar. Jy kan in Australië sit en die spookstories in Afrikaans luister.”

Volgens Brand, ’n oudleerder van die Hoërskool Labori, het die program ’n paar afdelings. Daar is ’n segment waarin hy gesels oor geboue en plekke waaroor hy navorsing gedoen het, waar mense sê dit spook en wat hulle ervaar het.

“Ons wil die publiek baie meer deel maak van die program en vra elke week dat die mense hul stories met ons deel. So, baie van die stories wat ons vertel, is wat mense ervaar het en vir ons instuur. Ons hou elke week ook ’n kompetisie en dit word genoem ‘raai die temalied’ van ’n gruwelfilm. Ons stel ook voor na watter films die luisteraars kan kyk.”

Buiten die radioprogram waaraan hy deeltyds werk, vertel Brand dat hy eintlik ’n rekenmeester is. “Om mense te vermaak met die spookstories is ’n groot liefde van my. Dis nou nie ’n voltydse werk nie, maar ek doen dit graag.”

Brand sê hy sien uit om ’n paar lekker spookstories vanuit die Paarl en Wellington-vallei te vertel tydens die program, en vra dat inwoners hul stories stuur na info@kaapstadradio.com

. One person who really enjoys ghost stories is the Paarlite Drikus Brand. He not only enjoys listening to them or retelling the stories, he also has an online radio programme, Die Onbekende, which deals with ghost stories.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article