Dit was ’n besige naweek vir wetstoepassers aan die Weskus.Foto:


Verskeie suksesvolle misdaadvoor­komingsoperasies is die afgelope langnaweek in die Weskus-polisiedistrik gehou.

Volgens kapt. Tania Helfrich, polisiewoordvoerder vir die Weskusstreek, was die doel van die operasies om eerstens misdaad te verhinder, soos die bekamping en verspreiding van dwelms en vuurwapens in onwettige besit. Tweedens is die veiligheid van die gemeenskap bevorder en derdens is daar gepoog om te verseker dat padreëls gehoorsaam word.

Verskeie mense is in hegtenis geneem: 68 mense vir die besit van dwelms soos Mandrax, tik en dagga; nege mense vir die onwettige verkoop van alkohol en 23 mense vir dronkbestuur.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article