Brand het ’n aangename afskeid vir sy aftrede ná 19 jaar gehad.Foto:


Henk Brand het ná 19 jaar se betrokkenheid by by Karookop Primêr afgetree as skoolhoof.

Volgens Tertia Smit, waarnemende skoolhoof van Karookop Primêr, het Brand nooit geskroom om sy tyd aan die skool af te staan nie.

“Hy het uit sy pad gegaan om dinge by die skool te laat gebeur en vir alle uitdagings kans gesien,” sê Smit.

Smit sê die leerders kom van plase in die Moutonshoek-omgewing en noord van Piketberg, maar het aan alles wat vir hulle moontlik was, deelgeneem.

“Die kinders het onder Brand se leiding die laaste paar jaar grootliks cum laude by die jaarlikste Eisteddfod behaal. Die kinders het ook ywerig aan sport deelgeneem.”

Smit sê Brand is in onderwyskringe bekend vir sy goeie prestasie in wiskunde as die jaarlikse sistemiese toetse afgelê word.

“Vanjaar het sy leerders ongeveer 20% beter gevaar as die gemiddelde van die provinsie.”

Die personeel het Vrydag, toe die skool sluit, ’n verrassingsafskeid vir Brand gehou. Ray van Rooy, die uitvoerende burgemeester van die Bergrivier-munisipaliteit, het ook die geleentheid bygewoon.

Van die oudleerders het ’n toneelstuk opgevoer waarin hulle sy manier van klasgee versinnebeeld het.

Brand het uit die goedheid van sy hart vir elke kind ’n kospakkie van Chicka Chicka gekoop.

Elke klas en personeellid het ook vir Brand ’n videoboodskap gemaak wat hy as aandenking kan hou.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article