Die heel eerste Mnr. en Mej. Inspiration-kompetisie was ’n reusesukses.
“En dis alles te danke aan die Here,” sê Natasha Jantjies, die stigter van Inspiration.
Die spoggeleentheid het Vrydag 28 April by die Seebries-saal in Langebaan plaasgevind. Jantjies sê sy is baie trots op haar en haar span en almal wat die geleentheid moontlik gemaak het.
Die kompetisie behels drie ouderdomsgroepe: 12 tot 16 jaar, 19 tot 29 jaar en 30 jaar en ouer. Jantjies sê Inspiration fokus daarop om jongmense op te bou. Sy glo Mnr. en Mej. Inspiration het die jongelinge goed gedoen en die kans gegee om selfvertroue op te bou.
Elke model was pragtig aangetrek en almal het hul beste voetjie eerste gesit.
Die wenners van die aand het met ongelooflike pryse weggestap.
Jantjies het al die borge van die pryse, die beoordelaars, ondersteuners en almal wat betrokke was, bedank.





