Die ongelisensieerde vuurwapen, geld en dokumente wat by die verdagtes gekry is.Foto: SAPD


Die polisie in Moorreesburg het Saterdagaand blitsig gereageer en twee verdagtes ná ’n sakerooftog vasgetrek.

Volgens sers. Wesley Twigg, ’n polisiewoordvoerder vir die Wes-Kaap-polisie, het die lede van die Moorreesburg-polisie se waaksaamheid en vasberadenheid om gewapende rowers aan te keer vrugte afgewerp.

Die lede is blitsig na die Agrimark in die dorp nadat ’n sakerooftog aangemeld is. Die lede het videomateriaal by die sakeperseel bekyk en na die verdagtes gaan soek.

Die verdagtes is opgespoor en aangekeer, en die vuurwapen wat in die rooftog gebruik is, sowel as geld, is in hul besit gevind.

Die twee verdagtes – ’n minderjarige van 17 jaar oud en ’n 35-jarige man – staan tereg op aanklagte van sakeroof en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen.

Hulle sou gister (Woensdag 3 Mei) in die Moorreesburg-landdroshof verskyn.

Die saak sou na verwagting uitgestel word.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article