Bubblegum en Boeta Jules is die seremoniemeesters vir die aand. Maak seker jy loop dit nie mis nie.


Badisa Weskus bied Woensdag 31 Mei ’n dramaproduksie vir die jongklomp by die Beacon-kerk in Langebaan aan.

Die toneelstuk is deur Marlé Oosthuizen geskryf. Sy het ook CrossRoad, an Easter Production, wat Maart in Curro Langebaan se skoolsaal aangebied is, geskryf.

Oosthuizen se jongste toneelstuk, getiteld Wie is Jayden Talkmakkies?, is ’n storie waarmee baie plaaslike jongmense hulself sal kan vereenselwig. Jong Jayden word in ’n huis van drankmisbruik en dwelms groot, maar dan kom daar hoop, ingryping en verandering. Die vertoning is gratis. Seremoniemeesters vir die vertoning is Bubblegum en Boeta Jules.

Daar is sitplek vir maksimum 300 mense. Kontak gerus Badisa Weskus se kantoor by 022 713 1723 om jou groep se plek te bespreek.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article