Die span van Huis Wittekruin het Saterdag hul spanbou-dag in Langebaan geniet.


Personeel van Huis Wittekruin, ’n tehuis vir bejaardes in Vredenburg, het Saterdagoggend, 27 Mei, hul jaarlikse sport-en-pret-spanbou langs die see in Langebaan gehou.

Hierdie fikse en pligsgetroue span verrig hul daaglikse take by die tehuis met groot entoesiasme en bereidwilligheid om die bejaardes te help en na hul behoeftes om te sien.

Die oggend het begin met ’n 2 km-stapkompetisie wat aangebied is deur die meester-stapatleet, Douglas Hector, van die gewese Boland Provinsie wat hom deesdae in die Westelike Provinsie bevind.

Daar is pryse toegeken aan die wenners in die eerste, tweede en derde plekke, en medaljes aan die res van die deelnemers.

Die personeel is in twee spanne verdeel en die tweede span gaan hulle sport-en-pretdag-spanbou Vrydag 2 Junie langs die see in Paternoster hou.

Die deelnemers aan die afgelope Saterdag se spanbou was Douglas Hector, Chris Waterboer, Louisa van Niekerk, Christolene Beukes, Zelda Morris, Yvonne Meyer, Ezra Andrews, Berta Kemp, Elize Nel, Dinelle Cleophas, Karin Hubbard, Tania Jones, Emmerentia Whites, Sinazo Skeyi en Zimasa Ndzamela.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article