Colgate het sy projek genaamd “Bright Smiles, Bright Future” in samewerking met die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdienste (tandheelkunde) se gemeenskapsprojekte by verskeie skole in die Weskus bekend gestel. Van die betrokke skole was die Laerskool Langebaanweg, die Hoërskool Velddrif, H.P. Williams Primêr, Noordhoek Primêr en ander. Die besoeke het tussen Maandag 22 en Dinsdag 23 Mei plaasgevind. Die fokus was op die grondslagfase waar leerders meer oor tandheelkunde kon leer. Colgate het ’n gratis tandeborsel, tandepasta, pamflette met ’n 15-dag-borselprogram aan elke leerder geskenk en ook plakkate vir die klaskamer oorhandig.


Blink tande vir ’n blink toekoms

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article