Badisa Weskus se Sop in ’n Fles-projek kan dié in nood help.Foto:


Help Badisa Weskus om hierdie winter voedsame kos aan behoeftige gesinne te verskaf.

Deur droë bestanddele aan Badisa Weskus en Huis Wittekruin se Sop in ’n Fles-projek te skenk, kan jy ’n verskil maak. Elke fles bevat een koppie rys, een koppie sopmengsel, een koppie lensies, een blokkie vleisaftreksel en een pakkie soppoeier. Elke fles verskaf ’n maaltyd aan vier tot ses mense.

Almal wat graag wil help, word versoek om teen Vrydag 30 Junie skoon, leë glasflesse, rys, sopmengsel, lensies, vleisaftrekselblokkies en pakkies soppoeier na Badisa Weskus se kantoor by 28 Houtstraat, Vredenburg te bring.

Huis Wittekruin se inwoners gaan vroeg in Julie die flesse met die bestanddele vul en Badisa Weskus sal die flesse aan behoeftige gesinne in ons gebied versprei.

Vir meer inligting kontak Trish by 022 713 1723 of stuur ’n e-pos aan marketing@badisawk.org.za

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article