Die St Helenabaai Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het bestanddele vir sop en brood aan Steenberg’s Cove Primêr geskenk. Die vroue van die skool se voedingskema het die heerlikste sop berei wat die leerders en personeel baie waardeer en geniet het. “Om te sien hoe ons kinders so smaaklik eet, is regtig ’n riem onder die hart,” sê Karyke Smit, waarnemende skoolhoof. Die skool bedank die St Helenabaai GPF vir die skenking en die dames wat dit voorberei het. Bo staan Belinda Engelbrecht (skoolvoedingskema), Denise Vraagom (skoolvoedingskema), Chrisell Jordaan (St Helenabaai GPF), Lucia Reid (St Helenabaai GPF) en Karyke Smit (waarnemende skoolhoof).Foto:


GPF skenk sopbestanddele aan Steenberg Cove Primêr

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article