’n Ma van Malmesbury het haar drie maande oue baba uit woede vir haar kêrel op die vloer gegooi en boonop probeer om haar met ’n mes te steek.

Volgens kapt. Tania Helfrich, polisiewoordvoerder vir die Weskus-distrik, is die 33-jarige vrou van Ilingelethu, Malmesbury, op aanklag van poging tot moord in hegtenis geneem. Die voorval het Sondag (25 Junie) om 14:00 plaasgevind.

’n Ooggetuie het die mes by die ma afgeneem voordat sy die kind verder kon beseer.

Die baba is steeds in die Swartland-hospitaal.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article