New Hope bied die toneelstuk Moffies in die wêreld aan op Vrydag 30 Junie in die Louwville-gemeenskapsaal.
Dit word opgevoer deur Alfonzo Freemantle, wat vertel dat die toneelspel ’n choreografiese vertelling van sy lewe is.
“Hierdie danswerk vertel die verhaal van ’n jong seun gebore in ’n godsdienstige en konserwatiewe gesin op die Kaapse Vlakte. Dit bied ’n intieme blik op die reis van selfontdekking, en skets ’n lewendige prentjie van die dikwels gewelddadige en brutale werklikhede van die LGBTQ-gemeenskap wat in Suid-Afrika woon.”
Claudia de Koker van New Hope sê sy is opgewonde oor wat mense sal kan leer uit die stuk en moedig almal aan om dit by te woon.
Kaartjies kos R30 vir kinders en R50 vir volwassenes. Vir meer inligting en om jou kaartjies te kry, bel De Koker by 073 521 3914.




