Bestanddele

4 enkel hoenderborsfilette

1/4 koppie meel

sout en varsgemaalde swartpeper

2 eiers, geklits

1 eetlepel melk

1 koppie broodkrummels

2 e gekapte vars pietersielie

1/4 koppie mayonnaise

200 g blaarslaaimengsel

2 tamaties, in skywe gesny

1 komkommer, in skywe gesny

4 broodrolletjies

Metode

Voorverhit oond tot 200 °C.

Plaas elke hoenderborsie tussen 2 velle kleefplastiek en druk of rol die hoender tot sowat 1 cm dikte.

Plaas meel, sout en peper in ’n plastieksak en skud tot gemeng.

Klits eiers en melk saam in ’n bak.

Plaas broodkrummels en pietersielie saam in ’n aparte plastieksak en skud tot gemeng.

Plaas hoenderborsies in die sakkie met meel, skud om te bedek, skud dan oortollige meel af.

Doop hoender in eiermengsel, plaas dan in broodkrummelmengsel.

Plaas schnitzels op ’n bakplaat in die vrieskas vir 5 minute en bak dan in die oond vir 20 minute of tot goudbruin.

Maak burgers deur die schnitzels, mayonnaise, blaarslaai, tamatie en komkommer in broodrolletjie saam te voeg.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article