Die polisie in Darling het inligting opgevolg van ?’n onwettige vuurwapentransaksie en ’n 55-jarige man met onwettige vuurwapens en ammunisie vasgetrek. Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n polisiewoordvoerder vir die Weskus-distrik, is Shaun Petersen verlede Woensdag (28 Junie) in hegtenis geneem nadat hy met vuurwapens wat hy glo die vorige dag by twee jeugdiges gekoop het, betrap is. Dit sluit in ‘n .22-rewolwer, 32 koperbedekte .22-patrone; 96 silwerbedekte .22-patrone en 25 6.35-patrone. Die ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie is by sy huis in Denneboomlaan, Darling, gekry. Die ondersoek duur voort aangesien die eienaars van die vuurwapens nog nie opgespoor kon word nie. Petersen het die afgelope Donderdag (29 Junie) in die Malmesbury-landdroshof weens die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie verskyn.
Want to comment on posts, engage with fellow readers, and submit stories, letters, feedback and more?





