Melanie Mills van EJ Malgarte Primêre Skool saam met Elna Louw van die VLV.


Altesaam 145 doeke vir volwassenes en 6 696 sanitêre doekies is ter ondersteuning van die St. Helenabaai- Vroue-landbouvereniging (VLV) se Sirkel-projek ingesamel.

Private mense, die Spar in St. Helenabaai en Shoprite van Vredenburg was die borge. Spar het ook ’n R200-koopbewys uitgeloot. Die totale randwaarde van die projek beloop R4 860.

Doeke vir volwassenes is ook aan twee VLV-lede en die Call to Serve-organisasie oorhandig. Die doeke is teen R7,40 elk aanlyn gekoop, wat aflewering insluit. Die verskaffers van die doeke vir volwassenes was Evony Unisex Adult Nappies. Die sanitêre doekies is aan skole soos die Hoërskool Hopefield, EJ Malgarte Primêre Skool, HP Williams Primêre Skool, Steenberg’s Cove Primêr en ander uitgedeel.

Die VLV-St. Helenabaai het hul dank teenoor Elsa Kotze, Elna Louw en hul helpers met die insameling, die Saterdagoggend-sortering en uitdeel van die produkte uitgespreek.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article