Die “Vingerhoedhuisie” en die Anglikaanse kerk is twee van die min historiese geboue in Saldanha.
Die Anglikaanse kerk is 150 jaar oud en die Vingerhoedjie by die 100 jaar.
Die Vingerhoedjie kan geassosieer word met die korbeelhuise in die Karoo.
Indien u meer weet van die Vingerhoedhuisie se geskiedenis of dalk iemand ken wat weet, word gevra dat u Alana Bailey by AfriForum (alana.bailey@afriforum.co.za) sal kontak met die inligting. Ongeag of die gebou argitektonies van unieke waarde is of nie, die herinneringe aan die huisie, die kleurryke inwoners daarvan en die vele gebruike waarvoor dit al aangewend is, is ’n kosbare deel van die omgewing se kultuurgeskiedenis.
Kennisgewing van die beplande sloping is eers baie laat aan die publiek bekend gestel.
Van die lede meen dat Saldanha ’n eie museum en inligtingskantoor nodig het en dié huisie is geskik daarvoor.




