Die toneelstuk Moffies in die wêreld aangebied deur New Hope was ’n groot sukses.
Volgens Claudia de Koker van New Hope het
almal wat dit bygewoon het met ’n positiewe boodskap daar uitgestap. Op Donderdag 6 Julie was daar ook ’n ‘indigenous youth upliftment’- program aangebied.
Hulle bedank Yukon Spur Weskus Mall, Jayden Cloete, Wilbur Smeda en Reach Out to Others en almal wat betrokke was by die sukses van die twee dae.




