’n Werker by ’n dolomietsteengroef by Moorreesburg is dood nadat hy in ’n klipbreker (sand crusher) beland het.

Kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder vir die Weskus-polisiedistrik, het gesê ’n geregtelike nadoodse ondersoek is geopen ná Ferdinand Frans (50) se dood op Donderdag 3 Augustus.

’n Medewerker by die Bridgetown-dolomietsteengroef, wat onraad vermoed het, het omstreeks 15:50 op Frans afgekom. Hy het blykbaar in die masjien beland terwyl hy dit skoongemaak het.

“Mediese personeel het Frans se lyk uit die masjien gehaal,” het Helfrich gesê.

Die steengroef produseer onder meer metallurgiese en landboukalk. Teen druktyd het die maatskappy nog nie op navrae oor die voorval gereageer nie, en Frans se familie kon ook nie in die hande gekry word nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article