Daniël Smit (57), die man wat voorheen erken het dat hy Jerobejin van Wyk (13) in Februarie 2022 op Klawer vermoor het, is ná ’n lang wagperiode uiteindelik na die Valkenberg-psigiatriese hospitaal oorgeplaas.

Volgens Eric Ntabazalila, Wes-Kaapse woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het Smit op Vrydag 11 Augustus in die Klawer-landdroshof verskyn.

Die aanklag van moord spruit uit Van Wyk se dood op 2 Februarie 2022. Nog aanklagte teen Smit sluit lykskending in omdat die kind se lyk opgesny, deels verbrand en in rioolpype en oliedromme gekry is. Hy word ook deur ’n aanklag van regsverydeling in die gesig gestaar.

Die saak is uitgestel tot 6 September sodat sielkundiges en ander kundiges in dié tyd Smit kan waarneem om te bepaal of hy toerekeningsvatbaar vir die moord is.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article