’n Ongeluk op die R45-pad net buite Vredenburg Woensdagmiddag.Foto: West Coast Medical Rescue/Facebook


Verkeer op die besig R45-pad net buite Vredenburg is vanmiddag (Woensdag) tydelik ontwrig ná ’n ongeluk.

Twee bakkies het gebots met een voertuig wat gerol het.

Die botsing het by die bebosde area langs die Yskor-woonbuurt plaasgevind. Noodpersoneel was op die toneel om verkeer te herlei.

Volgens West Coast Medical Rescue, paramedici, was twee mense op die toneel behandel vir geringe beserings terwyl ’n derde na die plaaslike hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Die toneel is intussen opgeklaar en die pad is oop vir verkeer.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article