Leerders van die Hoërskool Diazville het behoorlik feesgevier.


Die Hoërskool Diazville het die mylpaal van 40 jaar gehaal. Die skool het sy deure op 1 Julie 1983 oopgemaak.

Paul Haricombe, waarnemende hoof, sê die skool het oor 40 jaar verskeie veranderings deurgegaan, maar relevant gebly. “Die skool het leerders opgelewer wat hul plek in die samelewing en ekonomie met groot sukses vol staan en ’n positiewe bydrae in hul gemeenskap lewer.”

Andrew Blake, wat al 25 jaar as onderwyser by die skool dien, is ook ’n oud-leerder van die skool.

Blake sê vir die toekoms hoop hy dat die skool en die breë Weskus- sakegemeenskap nouer bande met mekaar sal smee, om sodoende geleenthede vir groei en geleenthede vir werk te kan ontsluit. Hy wil ook sien dat ondernemings meer ondersteunend raak en oudleerders in die skoolgemeenskap terugploeg.

Haricombe sê sy wense vir die skool is om relevant te bly en ’n baken van hoop te wees vir jong mense om die beste weergawe van hulself te bereik en uit te leef.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article