Bestanddele
150 g margarien, saggemaak
500 ml meel
280 ml strooisuiker
15 ml bakpoeier
1 knippie sout
3 groot eiers
100 ml melk
50 ml water
5 ml vanieljegeursel
200 ml kakaoVersiersel:
250 g bakmargarien, saggemaak
125 ml kakao
400 g versiersuiker, gesif
45 ml melkMetode
Verhit die oond tot 180 °C.
Smeer twee 20 cm-koekpanne met margarien of ’n oliespuit.
Plaas die margarien in ’n mengbak en sif die meel, strooisuiker, bakpoeier en sout by. Meng die kakao met 125 ml warm water in ’n aparte houer totdat dit ’n pasta vorm.
Voeg die eiers, water, melk en vanieljegeursel en kakao by die mengsel in die mengbak. Klits goed saam, maar wees versigtig om nie langer as twee minute met ’n elektriese klitser te werk nie.
Skep die mengsel in koekpanne. Bak vir 25 tot 30 minute tot ’n toetspen skoon uit die koek kom. Laat die koek afkoel voordat jy dit versier.Vir die versiersel:
Klits die margarien tot sag en wit.
Klits dan die kakao by die sagte margarien. Meng die helfte van die versiersuiker geleidelik by, en daarna die melk. Wanneer dit goed gemeng is, meng die res van die versiersuiker by. Smeer ’n laag versiersuiker oor een van die afgekoelde koeke. Stapel bo op mekaar en bedek met die res van die versiersuiker.





