’n Lint is geknip om die bekendstelling van die mondelinge-geskiedenis-inisiatief te simboliseer. Van links is Anroux Marais (Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport), Charmaine Laubscher (onderburgemeester van die Saldanhabaai-munisipaliteit) en Shemone Bokhary (programdirekteur).Foto: Noluvu Ludidi


Die bekendstelling van die departement van kultuursake en sport asook die Wes-Kaapse biblioteekdienste se mondelinge geskiedenis- inisiatief het Maandag 4 September in die Langebaan-stadsaal plaasgevind.

Altesaam 19 deelnemers het die geleentheid gehad om meer te vertel oor die geskiedenis wat hulle van hul dorp en hul opvoeding koester – die goeie en die slegte ingesluit.

Digkuns en vermaak was ook op die program en het die kulturele belangrikheid en waardes van elkeen getoon.

Anroux Marais, die Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport, was ook daar en dank betuig aan elkeen wat deelgeneem en hul geskiedenis gedeel het.

Marais het ook die biblioteek se personeel bedank en almal aangemoedig om hul biblioteke te besoek waar die geskiedkundige stories bewaar word.

Alle deelnemers is ook vereer en het geraamde plakkate en verskeie promosie-artikels ontvang.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article