Die St. Helenabaai- Kuns-en-kosmark is Saterdag (9 September) goed bygewoon. Volgens die organiseerders het die fees baie voete gelok. Buite was 12 stalletjies, waarvan sewe kos verskaf het. Altesaam 56 stalletjies was in die saal en drie kosverskaffers in die kombuis en voorportaal. Roomys-, bubble tea- en koeldrankstalletjies was ook beskikbaar. Die organiseerders is gelukkig met hoe die dag verloop het. Hulle sê dit was vreeslik lekker en ’n groot sukses. Die St. Helenabaai-inwoners Cheryl Saunders, Paul Saunders, Elsa van der Spuy, Annette Nel en Barene Walters was van die besoekers wat die dag daar deurgebring het. Foto’s: Noluvu Ludidi


Van badbomme tot ‘bubble tea’ by gewilde mark

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article