Die polisie in die Weskus-polisiedistrik is besig om behoorlik op onwettige vuurwapens toe te sak.
Kapt. Tania Hellfrich, woordvoerder vir die Weskus-polisie, het die volgende drie onwettige vuurwapensake deurgegee:
. In Laaiplek, Velddrif, is ’n 44-jarige man Dinsdag 26 September in die landdroshof aangekla dat hy ’n ongelisensieerde vuurwapen by hom gehad het. ’n Deursoekingslasbrief is Saterdag (23 September) om 19:30 by ’n huis in Voortrekkerstraat uitgevoer en ’n 5.35 P Beretta-pistool en sewe patrone is in ’n kas gekry. Die verdagte kon nie ’n lisensie vir die vuurwapen of ammunisie toon nie.. Drie mans, onderskeidelik 34, 30 en 21 jaar oud, van Malmesbury is Maandag om 17:45 by hul huis in Tswetestraat, Illingelethu, in hegtenis geneem nadat inligting oor onwettige vuurwapens opgevolg is. Malmesbury-polisielede, wat sigbarepolisiërings-patrollies gedoen het, het ’n ongelisensieerde rewolwer en ammunisie in die huis gekry. Dit is in ’n sokkie bo-op ’n vrieskas gevind.
Die verdagtes het Woensdag (27 September) in die Malmesbury-hof verskyn.. ’n Man (31) van Gordonsbaai is Dinsdag 26 September by die Klawer-weegbrug in hegtenis geneem vir die besit van ’n ongelisensieerde 12 m-haelgeweer met 33 rubberpatrone en vyf blitsknalpatrone. Die verdagte sal vandeesweek in die Vredendal-landdroshof verskyn.





