Die Langebaan Stars-gimnastiekklub het baie goed gevaar by die pasafgelope Wes-Kaap-uitdunne. Die hele span is op pad na Pretoria in Oktober, nadat hulle die proewe gehaal het en ingesluit is in die akrobatiesegimnastiek-groep wat die Wes-Kaap sal verteenwoordig. Van die gimnaste het goud, silwer en brons gewen. Die vlakeen-gimnaste het ook op dieselfde tyd hul kampioenskap gehad en ook goud, silwer en brons verower.
Enigeen wat kan help om die plaaslike gimnaste by hul volgende kompetisie te kry kan Madeleine van der Merwe by langebaanstars@gmail.com kontak.




