Oktober is oogsorgmaand. Maak seker jy laat jou oë hierdie maand toets indien nodig.


Die fokus in Oktober is op oogsorg, wat al hoe belangriker raak namate mense langer ure voor skerms deurbring.

Oogsorg en die voorkoming van blindheid is belangrik vir oud en jonk en nie net iets wat die ouer garde raak nie.

. Algemene sigprobleme sluit in swak sig, bysiendheid (kan nie detail ver weg sien nie), versiendheid (kan nie details naby sien nie), verwronge visie en “verouderende oë”. “Verouderende oë” kom gewoonlik voor rondom die ouerdom van 40 jaar wanneer ’n mens se ooglense onbuigsaam begin raak.

. Blindheid by kinders is heel algemeen en sluit swak visie, lui ooglede en astigmatisme (onreëlmatige vorm van die kornea wat versteurde visie kan veroorsaak) in. Volgens kenners kan dit soms moeiliker wees om sigprobleme by kinders te diagnoseer, aangesien die toestand algemeen met ouerdom geassosieer word.


.
Katarakte
verwys na die natuurlike lens wat bewolk word en visie vaag maak. Die oorsaak van katarakte is die saamklont van proteïene in die lens wat mettertyd groter kan word en dowwe visie en later algehele blindheid veroorsaak. Katarakte kan deur verpleegpersoneel by die kliniek uitgeken en met ’n operasie behandel word.

.
Gloukoom is ’n groep oogtoestande wat veroorsaak word deur skade aan die optiese senuwee. Die optiese senuwee dra sigbeelde na die brein. Skade aan die senuwee vind plaas wanneer daar te veel druk in die oog is. Indien dit vroeg genoeg gediagnoseer word, kan gloukoom behandel word om blindheid te voorkom, maar die toestand kan nie genees word nie.

. Diabetiese retinopatie word veroorsaak deur skade aan die bloedvate in die weefsel aan die agterkant van die oog (retina). Die toestand kom voor in mense wat met diabetes mellitus leef, en soos gloukoom, kan dit nie genees word nie. Voorkoming en behandeling is egter moontlik. Die simptome van diabetiese retinopatie kan floaters, vaagheid, donker areas van sig en probleme om kleure te onderskei, insluit.

Maak oogtoetse en oogsorg deel van jou gereelde mediese sorg en dokters-ondersoeke.

Ondersoeke, diagnoses en behandeling van oogprobleme begin by die plaaslike kliniek.

Basiese oogondersoeke is by alle primêre gesondheidsorgklinieke en -sentrums beskikbaar.

Indien ’n bril nodig is, sal die kliniek help om ’n afspraak by die regte oogkundige te maak.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article