Bestanddele

250 g gemaalde varkvleis

100 g pancetta

1 gekapte ui

1 stuk gekapte seldery

1 takkie roosmaryn

300 ml hoenderaftreksel

swartpeper na smaak

250 g gemaalde lamsvleis

200 g tagliatelle

1 gekapte wortel

1 koppie tamatiepuree

150 ml rooiwyn

sout na smaak

2 eetlepels olyfolie

Metode

Kook pasta volgens die aanwysings op die verpakking. Verhit die olie in ’n pan oor medium hitte. Voeg ui by en soteer vir 2 minute. Voeg dan die wortels, seldery en roosmaryn by. Soteer vir 3-4 minute.

Voeg die pancetta en al twee soorte gemaalde vleis by. Laat alles saam kook vir sowat 10 minute. Wanneer die vleis byna gaar is, voeg rooiwyn by en kook vir 5 minute of totdat die wyn verdamp.

Voeg dan tamatiepuree by en meng goed, en daarna die hoenderaftreksel. Laat dit vir nog 40 minute op lae hitte kook. Indien die hoenderaftre­k­sel sout bevat, is dit nie nodig om nog sout by te voeg nie. Voeg wel swartpeper by, na smaak. Die sous is gereed wanneer dit begin verdik en ’n rooi kleur het.

Voeg gekookte pasta by en sit warm voor.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article