’n Burger van Zimbabwe is Donderdag 9 November by die Klawer-weegbrug in hegtenis geneem nadat medisyne en velprodukte in die voertuig waarmee hy gery het, gekry is.
Volgens kapt. Tania Helfrich staan Ben Muchemwa (42) tereg op ’n aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde goedere. Sy voertuig is deursoek, waarop die polisie op 117 kartondose met velprodukte en antibiotika, ses sakke klere en twee dromme alkohol afgekom het. Hy het Maandag (13 November) in die Klawer-landdroshof verskyn en die saakdossier word deur die eenheid teen georganiseerde misdaad ondersoek.



