Vredenburg se hoofstraat is vanoggend omstreeks 07:30 tot stilstand geruk toe ’n groep gewapende rowers die “onderste” Shoprite probeer beroof het.
Polisiewoordvoerder kapt. Tania Helfrich het bevestig dat daar wel ’n skietery in die winkel was.
Die polisie was blitsig op die toneel en het reeds drie rowers in hegtenis geneem.
KYK HIER:
[video: Madelie van Tonder/ Weslander]Twee verdagtes het gevlug in ’n wit motor, en ten tyde van hierdie beriggewing, was daar nog een gewapende rower in die Shoprite-gebou.
Die polisie het hoofstraat en die omliggende strate afgesper, en omstanders gevra om so ver as moontlik van die toneel af te bly.
West Coast Medical Rescue het gesê dat hulle verskeie mense vir skok moes behandel.
Helfrich het gesê die Vredenburg-polisie is steeds op die toneel.
Hierdie is ’n ontwikkelende storie en inligting sal bygewerk word soos dit verkry word.




