Genl.maj. Sizakhele William Dyantyi, die bevelvoerder van die Weskuspolisie-distrik, skud hand met lt.kol. Bertus Conradie, stasiebevelvoerder van Moorreesburg. Hy verlaat die polisie ná 41 jaar.Foto’s: Kapt. Tania Helfrich

Nuwe konstabels vir vakansie

Genl.maj. Sizakhele William Dyantyi, die bevelvoerder van die Weskuspolisie-distrik, skud hand met lt.kol. Bertus Conradie, stasiebevelvoerder van Moorreesburg. Hy verlaat die polisie ná 41 jaar.Foto’s: Kapt. Tania Helfrich


Genl.maj. Sizakhele William Dyantyi, die bevelvoerder van die Weskuspolisiedistrik, en 25 stasiebevelvoerders uit die distrik het Maandag 18 Desember 80 nuwe konstabels wat tydelik na die Weskus ontplooi is, welkom geheet.

Volgens kapt. Tania Helfrich is hulle op ’n parade by die veeldoelige sentrum in Saldanha verwelkom.

Die geleentheid is ook gebruik om afskeid te neem van lt.kol. Bertus Conradie, stasiebevelvoerder van Moorreesburg. Hy groet die Suid-Afrikaanse Polisiediens op 31 Desember ná 41 jaar getroue diens.

Dyantyi het benadruk die ekstra konstabels se teenwoordigheid en sigbaarheid gedurende die feestyd sal van kardinale belang wees.

Hy het ook na die konstabels verwys as ’n boublok om die Weskus-polisiedistrik se kapasiteit te versterk.

Die konstabels sal die volgende ses maande by verskeie polisiekantore diens verrig voordat hulle na hul permanente posisies uitgeplaas word.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 18 June 2026
    Weslander E-Edition – 18 June 2026

Gift this article