Die onderwyser Carolynne Phyffer, Ben Rootman, Kristen Jordaan (gr. 7), die gr. 6-onderwyser Eustace Louw, Meke Taylor (gr. 6), die gr. 5-onderwyser Kegan Jordaan, Jay-Dene Jacobs (gr. 5), die gr. 4-onderwyser Ruben Klaase en Taneisha Engelbrecht (gr. 4).


Die Paternoster People’s Partnership het vanjaar weer die toppresteerders by die Laerskool St. Augustine’s in die dorp vereer.

In gr. 1 is die wenner Mcnice Kuilders en in gr. 2 het Roshwin Swartz met die louere weggestap.

Charlton Snyders was die toppresteerder in gr. 3 terwyl Taneisha Engelbrecht die prys vir gr. 4 verwerf het.

Jay-Dean Jacobs in gr. 5 was die toppresteerder en in gr. 6 was dit Meke Taylor.

Onder die graadsewes was Kristen Jordaan die toppresteerder.

Studiebeurse vir gr. 8 is aan Kristen Jordaan en Misha-Lee Souw toegeken.

Volgens Ben Rootman van die Paternoster People’s Partnership is die kinders van Paternoster die dorp se grootste bate.

“Hul toekoms behoort almal se prioriteit te wees. Saam met die skoolhoof, Celestine Barends, en die skoolpersoneel is ons organisasie daartoe verbind om hierdie prioriteit ’n werklikheid te maak,” sê Rootman.

“Dit is verblydend dat die kinders van die Laerskool St. Augustine vanjaar weer goed presteer het. Daarbenewens het dissipline ook verbeter.”

Die Paternoster People’s Partnership is ’n vrywilliger organisasie wat saam met die gemeenskap projekte tot voordeel van die gemeenskap – met die klem op die kinders van die dorp – aanbied.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article