Die Born to Win-groep, in samewerking met die Jazwin-beradingsgroep, het Vrydag 15 Desember sy laaste byeenkoms vir die jaar gehou. Born to Win is gestig ná die dood van Jazwin Mitchell (20) in Augustus vanjaar en het sowat 80 lede. Volgens Thomas Lotz, een van die groepsbestuurders, is die groep gestig om jongmense te wys daar is nog mense wat vir hulle omgee. “Dat God ’n behae in hul lewe het om geestelike sowel as familiewaardes terug te bring in die gemeenskap,” sê hy. Indien jy by die groep wil aansluit, kontak gerus vir Thomas (078 528 8581), Daphne (064 919 7222) of Maureen (074 783 2082).


Born to Win gee om vir jongmense

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article