Die provinsiale padfietskampioenskap word hierdie naweek in Velddrif beslis.

Provinsiale fietsry hier die naweek


Die Bergrivier is vanjaar die gasheer vir die provinsiale padfietskampioenskap hierdie naweek.Fietsryers van reg oor die Wes-Kaap word Saterdag en Sondag in Velddrif verwag.

Weskus-fietsry is die gasheer vir die geleentheid, wat ’n tydtoets en padwedren insluit. Die deelnemers sal hul nommers vir die renne Vrydag tussen 17:00 en 18:00 by die dorp se stadsaal kan afhaal.Fietsryers sal tussen Velddrif en Hopefield trap. Die eerste wedren is die 169-km-wedren wat om 06:50 begin.

Die daaropvolgende wedrenne is: 114 km, wat tussen 07:00 en 07:20 begin; die 87-km-ren om 07:30; die 57-km-ren wat tussen 07:45 en 08:00 begin; die 30-km-wedren wat om 08:10 begin; en die deelnemers wat om 08:15 aan die 20-km-wedren deelneem.

Die tyd-renbaan van 40 km volg ’n roete uit Velddrif na Piketberg en terug. Padaanwysers sal by die verskillende omdraaipunte opgerig word.Aanlyn inskrywings is steeds oop tot Woensdag 15:00.

Besoek https://www.wpcycling.com/event-calendar/ vir nog inligting.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 11 June 2026
    Weslander E-Edition – 11 June 2026

Gift this article