Huis van Heerde kinder- en jeugsorgsentrum in Moorreesburg hou Saterdag 24 Februarie ’n gholfdag en veiling.
Die geld wat ingesamel word, sal vir sy mentorskap en beursfonds gebruik word.
Die dag begin om 09:00 by die Moorreesburg-gholfklub.
Dit kos R2 000 per vierbal (R500 per persoon). Bespreek teen Maandag 12 Februarie.. Kontak Fredalaine Harmse by 022 433 1042 of stuur e-pos na bemarking@heerde.co.za vir nog inligting.




