Net die mure van die opstal op die plaas Modderfontein naby Aurora het oorgebly nadat dit Vrydagaand (19 Januarie) aan die brand geslaan en uitgebrand het.

Volgens Hanlie Linde, die munisipale bestuurder van die Bergrivier-munisipaliteit, het die dak van Jasper Smit, bekend as Oom Jas, se huis ineengestort.

SP Tredoux, die voorsitter van die Sandveld-landbouvereniging, het gesê die omliggende boere en hul werkers, wat eerste op die toneel was, het dadelik ingespring om die brand te begin blus.

Die munisipaliteit het volgens Linde om 23:22 die oproep ontvang dat die huis aan die brand was.

Drie bakkies met selfstandige brandbestrydingstelsels is onmiddellik uitgestuur.

Die Saldanhabaai-munisipaliteit het ook een tenkwa en die Weskus-distriksmunisipaliteit twee tenkwaens gestuur om met die brandblussery te help. Die brand was teen 02:15 geblus.

Linde het gesê die oorsaak van die brand word nog ondersoek.

Sy het inwoners van die Bergrivier- munisipale gebied aangeraai om onmiddellik ’n brand by die plaaslike telefoonnommers aan te meld (sien kassie).

Weslander het probeer om met Smit in aanraking te kom, maar was teen druktyd nog onsuksesvol.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article