By die oorhandiging Maandag by die Laerskool Darling was (van links) Jonathan Petersen (voorsitter van die Darling-rugbyklub), Graynese Abrahams, Zeke van Staden, Marinus Breedt (skoolhoof), Geranemo Thomas, Rethabile Semela, Philip Humphreys (Boland-rugbyunie-verteenwoordiger) en Randall O’Ryan (Darling-rugbyklub). Foto: Lizette Smit


Drie laerskole in Darling ontvang hierdie week broodnodige sporttoerusting.

Die inisiatief van Tekkie Town is deel van sy toegewydheid tot die ontwikkeling van voetsoolvlak-rugby en om spanwerk, talent en die bevordering van die sport op dié vlak aan te moedig.

Altesaam 30 ontwikkelingstelle is aan voetsoolvlak-rugbyspanne, soos deur die top-12 deelnemende klubs benoem, deur die loop van die Boland Top-12-rugbytoernooi oorhandig.

Darling-rugbyklub, 2023 se Swartland-kampioen, het hierdie week die voorreg om sy skole se sporttoerusting te oorhandig. Die Laerskool Darling was Maandag eerste aan die beurt met sporttoerustingstelle wat Dinsdag by Vooruitsig Primêr en gister (Woensdag) by Kohranrug Primêr net buite Darling afgegee sou word.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article