Diazville Primêr wil graag dankie sê aan Jennifer Cupido, bekend as “Antie Pie”, vir die skenking van 65 paar skoolskoene aan die leerders. Leerders wat geen skoolskoene gehad het nie, dié wie se skoene gedaan was en leerders wat te groot vir hul ou skoene was, het skoene ontvang. Die skool is baie dankbaar vir die mooi gebaar. Links staan Lee-Ann Davids-Hartzenberg (Dazville Primêr se skoolhoof) saam met “Antie Pie”.


‘Antie Pie’ deel skoene uit

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article