’n Onbekende bedrag geld is Dinsdag omstreeks 12:00 by die Modina Take-Aways in Diazweg, Diazville, geroof.
Volgens kapt. Tania Helfrich, polisiewoordvoerder, het die rower hom voorgedoen as ’n klant en skielik ’n vuurwapen op die klaer gerig. Die rower het geld geëis en agter die toonbank ingegaan. Die klaer het die kasregister oopgemaak en die rower het die geld wat daarin was, gegryp en van die winkel af weggehardloop.
Die polisie is verwittig, waarna ’n klagte van sakeroof aangemeld is.

