Joey Brits, ’n skenker-klublid van Badisa Weskus en inwoner van Vredenburg, het ’n Darling Kelders-geskenkpak ontvang nadat haar naam in hul maandelikse Donateursklub-trekking getrek is. Badisa Weskus sê hulle waardeer Joey se maandelikse finansiële bydrae aan Badisa Weskus ten bate van mishandelde en verwaarloosde kinders in Vredenburg, Saldanha, Langebaan, Velddrif en omliggende gebiede. Hierdie is ook vir jou ’n geleentheid om ’n verskil in jou gemeenskap te maak. Sluit gerus aan by die Donateursklub. Vir navrae stuur e-pos na marketing@badisawk.org.za.


Prys vir Vredenburgse skenker

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article