’n Valskermswewer, oorspronklik van Pretoria, het hom die afgelope naweek by ’n slypskool in die Citrusdal-omgewing doodgeval.

Presies wat fout gegaan het met Etienne Viljoen (39) se laaste sweeftog die afgelope Saterdag (23 Maart) is nog nie bekend nie. Hy het sy verjaarsdag op 18 Maart gevier.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder vir die Weskus-polisiedistrik, is Viljoen omstreeks 13:00 oorlede in die ongeluk wat in die Piekenierskloofpas plaasgevind het.

Die Eendekuil-polisie is besig met ’n geregtelike doodsondersoek na die ongeluk.

Die Glen Valskermsweefklub hou jaarliks dié slypskool. Dit het vanjaar van 21 tot 24 Maart plaasgevind.

Daar was nog nooit voorheen ’n noodlottige ongeluk nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article