Sedert Weskus Pool se jaar- vergadering wat op Saterdag 27 Januarie plaasgevind het, was dit harde werk om 2024 te beplan.
Die streek het die deelnemers se prestasies van 2023 tydens hierdie geleentheid vereer. Hoogtepunte wat uitgestaan het, was Gert Hibbert wat stof in die res se oë geskop en verskeie toekennings en pryse verower het. Hibbert het toekennings ontvang vir onder andere grootmeester-, meesters- en senior enkelspel-wenner sowel as senior dubbels- en meesters-dubbelswenner saam met Johan Basson, en ope dubbelswenner saam met Tauhier Mintin.
Hibbert is ook aangewys as die Suid-Afrikaanse Grootmeester-kampioen vir 2023.
Die junior spelers vir die jaar was Ishraq Mintin (o.14) en ook Samuel Makhele (o.18).
Ná 25 jaar as voorsitter was dit ’n groot oomblik vir Weskus Pool toe Gert Hibbert ná al sy jare as voorsitter die fakkel moes oorhandig aan Inelda Heyns, wat nou as nuwe voorsitter dien.
Die spelers wens haar alle sterkte toe.
Die Weskus-streek het intussen proewe afgelê en spog met ’n vroue- en groot- meesterspan wat in April 2024 aan die Agtbal-kampioenskap in Bellville sal deelneem.. Kontak Inelda Heyns by 066 034 5751 of Chanell Roberts by 081 525 9385 vir enige navrae.





