Percy-Lee Janse, ’n leerder aan Weskus Skool en ’n atleet van die Langebaan-atletiekklub, het van Woensdag 3 tot Saterdag 6 April aan die Suid-Afrikaanse Skoleatletiek- en Elsen- (vaar­dig­heidskole) kampioenskap in Paarl deelgeneem. Percy-Lee was derde in die 800 m en het ook aan die 1 500 m vir seuns o.15 deelgeneem. Hy is as die SA kampioen in dié item gekroon. Percy-Lee het ook die SA rekord vir Elsen-skole in die 1 500 m met ses sekondes verpletter. Sy tyd was 4:29,67 en die vorige rekord was 4:35,88. Sy afrigter is Christopher Rodgers.Foto:


’n Rekord vir Janse

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article