Ek het Vrydagoggend (19 April) met min verwagting die munisipaliteit via die “Helpdesk” gekontak oor ’n klagte wat ek gehad het.
Ek het darem ’n antwoord per e-pos gekry dat die saak aandag sal geniet.
Groot was my verbasing toe ek Maandagoggend net ná elfuur ’n oproep van ene mnr. John Talmakkies, superintendent van een van die afdelings van die munisipaliteit, ontvang.
Hy was baie vriendelik en het baie positief gereageer toe ek my klagte aan hom verduidelik het.
Hy het onderneem om die saak dadelik op te volg, wat hy gedoen het, en ek het e-pos van hom ontvang wat sy opvolg-aksie bevestig het.
Nou kan ek my klagte omskep in ’n “baie dankie” aan hierdie amptenaar en ook al die ander werknemers by die munisipaliteit, wat ook ’n positiewe gesindheid het en ’n bydrae aan ons as inwoners lewer.. As oud-onderwyser gee ek nie sommer 10/10 nie!


